
=====================================================================
Fase Twee van di inisiatief l nog voor (AV 5:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Fase Twee van di inisiatief l nog voor

Ton Vosloo   antwoord op die vraag wat van die inisiatief vir Afrikaans van 30 November 1996 op Stellenbosch geword het.

VERLEDE jaar hierdie tyd het dit bekend geraak dat 'n groep Afrikaanse mense 'n inisiatief op Libertas, Stellenbosch, rel om boeke te vat 
oor die toekoms van Afrikaans in die erg veranderde landsituasie. Selde het soveel mense uitgesien na 'n byeenkoms of soveel verwagtinge 
daaroor gehad.

'n Jaar later kan tereg gevra word wat het van die inisiatief geword -- -- was dit 'n lugspieling en het dit in die Afrika-son verdwyn?

Die antwoord is natuurlik, tot die frustrasie van vele, dat Fase Twee nog voorl!

En die nood word al hor, as 'n mens let op die openbare reaksie. Die debat oor die toekoms of die afknouery van Afrikaans woed voort. Dit 
kom aangegalop: Afrikaans kort dringend 'n sentrale, praktiese beplanning- en kennissentrale; 'n "opskamer", om 'n militre term te 
gebruik.

Uit ander oorde veg Tabema (Taakgroep vir die Bemagtiging van Afrikaansgebruikers op TV) moeisaam teen die SABC se uitrangeerdery van 
Afrikaans en wen 'n punt of drie met die besluit van die openbare uitsaaier dat hy op TV weer Afrikaans gaan groepeer in 'n tydgleuf. Uit 
vele oorde skryf bekommerde Afrikaanse mense oor die verdwyning van hul moedertaal van die agendas af; die berigte uit die veld dui op 
onrusbarende konkel- skuiwe om Afrikaans sy plek te ontneem ondanks sy status in die o van die grondwet.

En om dit heen is daar die versugtinge uit vele oorde: kan die sogenaamde georganiseerde Afrikaanse gemeenskap dan nie iets aan die saak 
doen nie?

Haas jou langsaam

Die antwoord is ja, maar haas jou langsaam, al is die nood hoog. Dit is my standpunt dat ons in die verlede t oorgeorganiseerd was en te 
veel aan amptelike voorskote vas was. Dit het gelei tot die houtgerustheid, ongergdheid en die houding van ander sal die bal vat en 
hardloop. Ons hoef nie van voor af te begin nie, maar ons moet nou, soos die motiveerders s, lateraal dink.

Hier is my bydrae, wat dit ook al werd mag wees:

Besorgde Afrikaanse mense het op Stellenbosch ges ons moet 'n organisasie kry wat verteenwoordigend is van alle Afrikaansbelangstellendes. 
Hy moet nie oorkoepelend wees nie, want dan trap hy op tone en meng in met bestaande organisasies wat o so bekommerd is oor hul bates. Hy 
moet dus kan praat namens Afrikaners, Afrikaanses, Afrikaanstaliges, bruin, wit en swart, Groenes ook, Christen-Afrikaners, Moslem-
Afrikaners, alle Afrikaanspratendes. Links, regs, ver-links, ver-regs en selfs Rooi, so lank hulle een gemene deler het, die taal wat hulle 
bind.

Hierdie inklusiwiteit is van kernbelang in die hantering van Afrikaans se staanplek in 'n heterogene land.

Afrikaanspratendes moet as 'n blok opkom vir hul staanplek en nie struikel voor eksklusiewe verdelingslyne nie. In onderhandelinge met die 
owerheid moet die blok uit n keel kan praat sodat hy identifiseerbaar is as een van die grootste taalblokke in die land. Sy 
verskeidenheid is een van sy mooiste eienskappe en dit moet deur almal wat hulle daarmee identifiseer, gehandhaaf word. Maar ter wille van 
gewig moet hy die invloed van sy miljoene laat geld.

Die resep is gekry

N Stellenbosch is daar deur 'n kerngroep gesoek na 'n weg om hierdie saambindende gedagte oor te dra. Ek meen die resep is nou gekry via 
prof. Hermann Giliomee se   kontak met Vlaandere. Ons sit op die agenda vir bespreking die gedagte van 'n oorlegsentrum vir die heterogene 
Afrikaanspraters hierbo genoem.

Laat ons oorleg pleeg met mekaar, en konsensus bereik oor die wie ons is, wat ons wil doen en wat ons kort-kort lys is van werklike 
probleme wat aandag moet geniet.

Hierdie oorlegsentrum kan sonder 'n groot infrastruktuur optree as die fasiliteerder, die tussenganger, die klaringshuis en die broeikamer 
van idees. Hy moet die intellektuele stimulus verleen aan die GROOT GESPREK rondom diegene wat hulle met Afrikaans en die Afrikaanse 
kultuur en leefwyse identifiseer.

Een van die belangrikste gewaarwordinge in die jaar sedert Libertas is die besef dat Afrikaans groter invloed sal behou as hy ook die hand 
uitsteek na ander minderhede wat in dieselfde verknorsing is. Met hierdie besef in gedagte kan 'n band gesmee word met ons Afrika-broers 
wat in demokrasie vind dat hulle stem nie behoorlik gehoor word nie.

Dit is die somtotaal van wat uitgekristalliseer het sedert Libertas. Die groepie wat versoek is om met die inisiatief voort te gaan, het 
vir mekaar ges spoed is nie die belangrikste nie. Die Afrikaanse gemeenskap moet self na vore tree en aandui hy het behoefte aan 'n 
inisiatief rondom sy leefwreld.

Die oorgaan tot die stigting van die oorlegsentrum is nou op die agenda. In die belangwekkende neutvarse publikasie Afrikaans in Afrika   
(J.L. van Schaik Akademies) stel die samestellers die saak so: "'n Bre Afrikaanse front is moontlik besig om te ontwikkel wat losweg 
saamgesnoer word deur 'n positiewe belangstelling in die toekoms van Afrikaans as 'n taal van ontwikkeling en vooruitgang."

Die tyd van wag is verby.

Mnr. Ton Volsoo   het pas afgetree as uitvoerende amptenaar van die Naspers groep. Hy is nog voorsitter van die direksie, lid van etlike 
direksies en besture van organisasies, en trustee van die Stigting vir Afrikaans.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5110.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Januarie 1998 /// Geen middelmatigheid vir ons jeug (AV 5:1) /// 
Afrikaans en die Universiteit van Natal (AV 5:1) /// Die Stigting nou en vorentoe (AV 5:1) /// Medewerker van die Boekebeurs in Vlaandere 
(AV 5:1) /// Hartlik dank vir die terugvoering (AV 5:1) /// Di Afrikaans staan nie in woordeboeke nie (AV 5:1) /// Hou op kla en doen iets 
positiefs! (AV 5:1) /// M-Net se verhouding tot Afrikaans (AV 5:1) /// Afrikaans in 'n demokratiserende Suid-Afrika (AV 5:1) /// Fase Twee 
van di inisiatief l nog voor (AV 5:1) /// Taalkreatief? vir seker Afrikaans kreatief (AV 5:1) /// (Her)ontdek Nederlands via Afrika (AV 
5:1) /// Dit gaan goed met Afrikaans in die Oos-Kaap (AV 5:1) /// Vroeg al gestry vir Afrikaans (AV 5:1) /// Beterskap vir moe meisie (AV 
5:1) /// Nederland leer kinders die waarde van lees (AV 5:1) /// In die speurroman tel die Jakob sonder die ware (AV 5:1) /// Geen 
anglisisme nie (AV 5:1) /// Afrikaans word net in SA gesing -- s wie? (AV 5:1) /// Die antwoord is: aanpasbaarheid /// Ons Angel-Saksiese 
pleknaamgewing (AV 5:1) /// Privaat skole verseker moedertaalonderwys (AV 5:1) /// Andertaliges daag mekaar in Afrikaans uit (AV 5:1) /// 
Niks doen dit soos Afrikaans nie (AV 5:1) /// Radio sonder grense vandag (AV 5:1) /// Grootword met Boerneef en boeremusiek (AV 5:1) /// 'n 
Glimlag vir Anna (AV 5:1) ///

